Skeidsregter debakel in Australië | Curriebeker Nuus!
In hierdie episode van Op die Kantlyn praat MW Welman en Renaldo Bothma oor die skeidsregter-debakel wat die wêreld laat gons ná die Lions se toets teen Australië. Was Andrea Piardi (en die ander skeidsregters) reg of verkeerd oor Jack Morgan se skoonmaak op Carlo Tizzano? Was dit vuilspel of is daar te veel aansit en drama in moderne rugby? Ons ontleed die incident en hoekom Australië nie oor dieselfde kam as Rassie geskeer word nie. Daarna skuif ons die fokus na plaaslike aksie met die afskop van die 2025 Curriebeker. Die Bulle onder Phiwe Nomlomo lyk gevaarlik, terwyl die Lions die Haaie ‘n stewige pak slae toegedien het. Boland en die Pumas het ewenees beindruk maar dit lyk of dit ‘n lang seasoen gaan word vir die ander spann! Nog ‘n lekker Op die Kantlyn episode – moet dit nie misloop nie! Skeidsregter debakel in Australië | Curriebeker Nuus!
Review
Add Review
You have to Sign In to share the review

Not Rated Yet