video-section-banner-image

Jaden se Oogknip! PLUS: Keagan Kook & URC Kwarteindes

Keagan Johannes beindruk die rugbywêreld as ‘n geïmproviseerde losskakel – en MW Welman en Renaldo Bothma is op Loftus om dit behoorlik te bespreek in Episode 2 van Op die Kantlyn, 'n samewerking tussen Raakvat Rugby en Octafield. In hierdie week se episode: ✅ Is Keagan Johannes die vonds van die seisoen as losskakel? ✅ Die URC-kwarteind-aksie: wie het beindruk, wie het teleurgestel? ✅ Jaden Hendrikse se oogknip-gate – en dalk belangriker – sy vorm! ✅ Springbok-seleksie: Wie het hul kanse verbeter of benadeel? ✅ Gerugte en bevestigde aankope by die Vodacom Bulls ✅ Die URC-halfeindstryde en MW & Renaldo se voorspellings! Dis eerlike praat, insigvolle ontleding en ‘n tikkie tong-in-die-kies kommentaar – soos net Raakvat Rugby en Octafield dit kan bring. 🟢 Teken in, los jou kommentaar, en los ‘n kommentaar met jou naam hieronder om te ‘n kans te staan om kaartjies te wen vir Saterdag se groot wedstryd! Jaden se Oogknip! PLUS: Keagan Kook & URC Kwarteindes | Op die Kantlyn Ep 2

  • 28 views
  • Sep 2025
Not Rated Yet
Add Review

You have to Sign In to share the review